A collection of Book Reviews for Volume 20, Number 1
Editorial Office
Verbum et Ecclesia · 1999
doi:10.4102/ve.v20i1.1178 (opens in a new tab)
We email you when a new notice or a question about this paper appears.
Abstract
Die middel tagtigerjare is gekenmerk deur 'n opbloei in navorsing op 2 Korintiërs.Belangwekkende kommentare, soos dié van Klauck, Lang, Martin, Furnish en Wolff het gedurende hierdie tyd die lig gesien.Die teologiese mark is sodoende oorlaai met 'n klompie uitstekende kommentare op hierdie brief.Daarom was ek redelik skepties toe ek Barnett se werk ter hand geneem het.Maar ek moet erken, hy het my aangenaam verras.Soos te verwagte, bied hierdie kommentaar ook deeglike besprekings van "inleidingsvraagstukke" soos die datum van die skrywe, die literêre integriteit van 2 Korintiërs, ensovoorts.Maar die eintlike waarde van hierdie kommentaar is geleë in die deeglike vers vir vers besprekings van 2 Korintiërs, tesame met goed gedokumenteerde voetnotas, om die leser in te lyf in die fyn nuanseringe van die Pauliniese denke.Barnett slaag in hierdie proses goed daarin om Paulus "lewend" te maak deurdat hy sy eksegetiese besprekings telkens in verband bring met die historiese raamwerk waarbinne hierdie brief sy beslag gekry het.Barnett behandel interessante stof in sy eksegetiese analises wat op homiletiese vlak van groot waarde vir die leser is.In sy analise van 2 Korintiërs 1:3-7 bied hy byvoorbeeld 'n goeie bespreking van die aard van God se vertroosting aan wat puik preekmateriaal daarstel.In die geheel beskou, is hierdie 'n "gebalanseerde" kommentaar: Dit bied aan die leser toegang tot die jongste ekesegetiese en teologiese standpunte rakende die verstaan van 2 Korintiërs.Terselfdertyd is dit ook baie bruikbaar vir enige persoon wat die boodskap van 2 Korintiërs binne die hede wil gestalte gee.Barnett behoort een van die nuwe toevoegings tot elke leraar se teologiese boekery te wees.
Abstract licence: CC BY
Reads
Read by people on this page
None yet.
Checked or read by AI through naulon
None yet.
A person counts once a day per paper. We keep no cookie and no address: a reader is a hash that changes every day. Any month under five reads shows no number.
Are you an author?
Is this your paper?
Claim it to add your note and be paid when agents cite it. Free.