Vervreemding in Leora Farber se <i>The futility of writing 24-page letters (2009)</i>
Rita M.C. Swanepoel, Moya Goosen
Literator · 2012
doi:10.4102/lit.v33i1.28 (opens in a new tab)
We email you when a new notice or a question about this paper appears.
Abstract
Hierdie artikel ondersoek die konsep vervreemding in Leora Farber se The futility of writing 24-page letters (as uitbreiding van die werk getiteld Between Cup and Lip, wat deel gevorm het van die Dis-Location/Re-Location,2007/2008-uitstalling). Dit is gedoen vanuit ’n feministies-postkoloniale raamwerk om ondersoek in te stel na die kompleksiteite wat ontstaan met betrekking tot vervreemding wanneer gemarginaliseerdes onderdruk word. Die postkoloniale teoretiese diskoers met sy klem op die ander en die psigiese vervreemding van die gemarginaliseerde beïnvloed die feministiese diskoers rakende die vervreemding van die vrou. In feministiese diskoerse verwys vervreemding na die marginalisering wat vroue in ’n patriargale samelewing ervaar. Ons argumenteer dat hierdie briewe aanduidend is van onderdrukte psigiese vervreemding en selfvervreemding wat die gevolg is van stereotipering, kulturele oorheersing en seksuele objektivering. Ons voer voorts aan dat Farber se The futility of writing 24-page letters komplekse lae van vervreemding openbaar.
Abstract licence: CC BY
Reads
Read by people on this page
None yet.
Checked or read by AI through naulon
None yet.
A person counts once a day per paper. We keep no cookie and no address: a reader is a hash that changes every day. Any month under five reads shows no number.
Are you an author?
Is this your paper?
Claim it to add your note and be paid when agents cite it. Free.