Reviews
Editorial Office
Koers: Bulletin for Christian Scholarship · 2006
doi:10.4102/koers.v71i2-4.256 (opens in a new tab)
We email you when a new notice or a question about this paper appears.
Abstract
Of seksuele misbruik van kinders besig is om toe te neem en of dit bloot meer gerapporteer word, bly 'n ope vraag.Die feit is dat ongeveer een uit elke vier dogters voor die ouderdom van 18 jaar aan een of ander vorm van seksuele misbruik blootgestel is -hetsy deur fisiese betasting of deur seksuele teistering, blootstelling aan ontoepaslike voorstelle of ouderdoms-ontoepaslike eise wat gestel word.Die effek van sodanige seksuele misbruik/molestering op die kind -maar ook op die volwassene in latere jare -is verreikend.Dit bly egter vir persone wat blootgestel was aan molestering uiters moeilik om by professionele persone aan te meld vir hulp.Roos stel dit duidelik in sy boek dat "[d]ie boek is nie bedoel om professionele behandeling te vervang nie …" (p.7), maar om bloot as aanvulling te dien.Alhoewel dit nie Roos se intensie was nie, sal die boek waarskynlik sommige slagoffers van molestering motiveer om vir terapie te gaan.Onmiddelik met die lees van die boek kom 'n mens onder die indruk van Roos se normalisering van die reaksie wat gemolesteerde persone ervaar.Hy beklemtoon dat molestering afwykend is, maar dat die reaksie wat persone ervaar individueel verskil, wat wel normaal is.Hy beskryf met behulp van gevallestudies, dat molestering lei tot wantroue in mense, skuldgevoelens, skaamte, 'n Resensies / Reviewslae selfbeeld en emosionele verwarring.Hy verskaf ook 'n simptomelys van die moontlike effek van molestering.'n Kritiekpunt hier is egter dat hy nalaat om te noem dat die simptome ook na ander tipes trauma kan voorkom -die leser moet dus versigtig wees om nie summier hierdie simptome te verbind met molestering nie.Roos verduidelik volledig wat verskillende mense se hanteringsmeganismes is (repressering, minimalisering, rasionalisering, ontkenning, dissosiasie, post-traumatiese stressindroom, terugflitse en gerepresseerde geheue-sindroom).Roos slaag daarin om hierdie komplekse verskynsels in eenvoudige taal weer te gee.Hy verduidelik verder die verskillende fases waardeur gegaan word na die erkenning van die teenwoordigheid van molestering.Hy toon tipiese reaksies in elke fase aan, maar verskaf dan ook waardevolle riglyne en opdragte wat die leser kan uitvoer.So byvoorbeeld is sy opdragte om aggressie konstruktief te hanteer (p.97) eenvoudig, dog vanuit 'n psigologiese oogpunt wetenskaplik goed verantwoordbaar.Die rol van die moeder in die genesingsproses word volledig bespreek en weereens word riglyne verskaf hoe om die moeder te hanteer.Hy bespreek ook kwessies soos die bekendmaking aan vriende, die invloed van molestering op latere verhoudings en seksualiteit, asook die hantering van jou kinders indien jy as kind gemolesteer is.In 'n hoofstuk wat handel oor terapie (Hoofstuk 9) beklemtoon hy egter dat dit sinvol is dat 'n slagoffer vir terapie aanmeld.Hy beklemtoon dat die hantering van slagoffers van molestering 'n gespesialiseerde area is en dat "'n deeglike sielkundige evaluasie en sistematiese terapeutiese plan …" die genesingsproses kan versnel.Roos ontken nie dat die predikant, familie en vriende ook 'n belangrike rol speel in die terapeutiese proses nie, maar bevestig op p. 146 weereens dat dit noodsaaklik is dat sielkundige hulp verkry moet word.Hy sluit psigiaters en maatskaplike werkers wat spesialiseer in hierdie terapie ook in as kundiges.Roos sluit ook 'n lys "verdere leeswerk" in (p.191).Die boek Praat daaroor is een van die min werke wat daarin geslaag het om 'n uiters komplekse verskynsel (en die slagoffer se reaksie daarop) op 'n wetenskaplike, dog eenvoudige wyse te verduidelik.Sy gevallestudies is interessant en illustreer duidelik die punt wat hy in daardie spesifieke gedeelte wou maak.Roos se opdragte aan die einde van elke hoofstuk is verantwoordbaar.Hy beklemtoon egter deurgaans die noodsaaklike rol van terapie en dat die boek aanvullend tot terapie gebruik moet word.Roos sal deur hierdie boek waarskynlik sommige persone oortuig om wel aan te meld vir 654 Koers 71(2, 3, 4) 2006:653-694 Resensie / Reviews terapie -deurdat hy hulle reaksies en gevoelens na hierdie trauma normaliseer, maar ook aandui dat daar wel hulp beskikbaar is.Hierdie boek is 'n baie goeie werk wat met vrug ook deur sielkundiges, psigiaters en maatskaplike werkers in die praktyk gebruik sal kan word. Die Heilige Gees genees -ook emosionele pyn
Abstract licence: CC BY
Reads
Read by people on this page
None yet.
Checked or read by AI through naulon
None yet.
A person counts once a day per paper. We keep no cookie and no address: a reader is a hash that changes every day. Any month under five reads shows no number.
Are you an author?
Is this your paper?
Claim it to add your note and be paid when agents cite it. Free.