Afrikaans as sangtaal*
P. J. de Villiers
Koers: Bulletin for Christian Scholarship · 1968
doi:10.4102/koers.v36i3.1295 (opens in a new tab)
We email you when a new notice or a question about this paper appears.
Abstract
Eerstens: Sang, wat een van die onderafdelings vorm van die breë begrip „musiek”, wat op sy beurt weer een van die vertakkings is van die nog breër begrip „kuns”. Aan definisies van kuns en meer spesifiek van musiek is daar geen gebrek nie. Laat ons vir die huidige volstaan met die volgende: Musiek is die sinvolle rangskikking van musikale klanke in ’n sinvolle ritmiese verband. Sang, as een van die middele waarmee musiek gemaak word, maak gebruik van die menslike stem wat daartoe in staat is om verskillende toonhoogtes voort te bring in ’n vinniger of stadiger opeenvolging met mekaar. Die menslike stem kan slegs een toonhoogte op ’n gegewe moment voortbring, en die derde groot element van musiek nl. harmonie (die ander twee is melodie en ritme en is implisiet in die bogenoemde definisie) kan alleen dán na vore kom wanneer een stem in kombinasie met een of meer ander stemme of instrumente aan- gewend word.
Abstract licence: CC BY
Reads
Read by people on this page
None yet.
Checked or read by AI through naulon
None yet.
A person counts once a day per paper. We keep no cookie and no address: a reader is a hash that changes every day. Any month under five reads shows no number.
Are you an author?
Is this your paper?
Claim it to add your note and be paid when agents cite it. Free.