A collection of Book Reviews for Volume 31, Issue 11
J. L. Vorster
Koers: Bulletin for Christian Scholarship · 1964
doi:10.4102/koers.v31i11.1490 (opens in a new tab)
We email you when a new notice or a question about this paper appears.
Abstract
Omdat die Heilige Skrif so ryk van inhoud is, soos 'n prism a wat 'n ligskittering gee van 'n verskeidenheid van kleure, kan dit van verskillende kante benader word.Daarom is dit goed om dit uit die oogpunt van 'n sekere tema te bestudeer.So 'n tema kan ook uitgewerk word in 'n reeks preke.Dit hou ook die voordeel in van 'n eenheidsgedagte en tog word dit m et variasie aangebied.Hier is drie boeke (uitgegee deur Baker Book House, Grand Rapids, Michigan) met drie sulke temas:1. H. H. Hargrave: Personalities around the Cross.Dit handel oor die volgende: Jesus Christ, the victim of the cross, Simon Peter, The Romans, The Jewish leaders, His silent friends.Three criminals, Friends and loved ones who stood by the cross.Oorspronklik was dit preke.Daarna is dit tot 'n groter omvang uitgebrei.Sommige van die artikels hou m eer in as net insover dit betrekking het op die kruis, bv.die oor Simon Petrus.Die inhoud is rigtinggewend, alhoewel nie so prikkelend en diepgaande nie.Dis 'n weergawe van die Skrifgegewens rondom die persone.Waarom sou Judas nie daarby wees nie? 2. Homer H. Baese: The Miracles o f Golgotha.Dit handel oor die volgende:The three hours of darkness, The rent veil, The earth quaked, rocks rent and graves opened, The blood and the water, The resurrection of Christ from the dead, The undisturbed grave clothes at C hrist's resurrection, Revival to life of departed saints.Afgesien van die feit dat 'n mens weet dat die dinge gebeur het, is dit miskien m inder bekend wat die betekenis daarvan is.Daarom wek dit groter belangstelling.Die boek getuig ook van diepgaande studie, ook om dat dit m eer bevat as net 'n beskrywing en weergawe van die gebeurtenisse.
Abstract licence: CC BY
Reads
Read by people on this page
None yet.
Checked or read by AI through naulon
None yet.
A person counts once a day per paper. We keep no cookie and no address: a reader is a hash that changes every day. Any month under five reads shows no number.
Are you an author?
Is this your paper?
Claim it to add your note and be paid when agents cite it. Free.