Reviews
Editorial Office
In die Skriflig · 2008
doi:10.4102/ids.v42i1.262 (opens in a new tab)
We email you when a new notice or a question about this paper appears.
Abstract
Dirk J. Smit is hoogleraar in Dogmatiek en Etiek by die teologiese fakulteit in Stellenbosch.Hy is bekend vir sy jarelange navorsing op die gebied van publieke teologie en was instrumenteel in die oprigting van die Beyers Naude-sentrum vir publieke teologie aan die Universiteit van Stellenbosch.Sy navorsingsresultate is op wye vlak nasionaal en internasionaal gepubliseer en die kenmerk daarvan is klem op die rol wat kerk en teologie kan speel in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse samelewing en die vestiging van 'n etos van menswaardigheid, diensvaardigheid en versoening in Suid-Afrika.Die boek van hom wat pas verskyn het, bevat 'n groot aantal van hierdie artikels waarvan sommige ook elders verskyn het.Die eerste deel van die boek is getitel: "Context -apartheid, reconstruction, modernity, globalization".Hierin behandel hy die historiese stryd teen apartheid asook die huidige uitdagings wat deur die rekonstruksie van die land aan die kerke gestel word.Hy fokus verder op die impak van die kerk ná die apartheidsera en wy 'n artikel elk aan "Civil Religion" en "Globalization".Die artikels is vars en aktueel en baie waardevol vir die diskoers in kerklike en teologiese kringe oor hierdie fenomene.Die tweede deel handel oor "Public Theology" en hy skop af met 'n diskussie met Bram van de Beek oor laasgenoemde se interessante artikel oor "Theology without ulterior motive".Hy slaag myns insiens daarin om aan te toon dat teologie 'n besliste sosiale dimensie het.Sy Bybels-prinsipiële verdediging van hierdie stelling is diepgaande en bied baie stof tot nadenke insake die betekenis van teologie vir die samelewing.Die term "Publieke teologie" laat egter die vraag
Abstract licence: CC BY
Reads
Read by people on this page
None yet.
Checked or read by AI through naulon
None yet.
A person counts once a day per paper. We keep no cookie and no address: a reader is a hash that changes every day. Any month under five reads shows no number.
Are you an author?
Is this your paper?
Claim it to add your note and be paid when agents cite it. Free.