Skip to content
naulon

Not checkedNot checked for notices yet.

Harry Kalmer (1956–2019)

Willie Burger

Tydskrif vir Letterkunde · 2019

doi:10.17159/2309-9070/tvl.v.56i2.7506 (opens in a new tab)

We email you when a new notice or a question about this paper appears.

Abstract

by UNISA se Breyten Breytenbachseminaar gepraat.Die titel van sy voordrag was: "How to write in Afrikaans en still respect yourself in the morning".(Dit is terloops 'n kenmerkende Harry Klamer klopreël.Die gesoute kopieskrywer met jare se ervaring in die reklamebedryf het presies geweet hoe om lesers se aandag met 'n titel te trek.Dink maar aan titels uit sy oeuvre soos: Die waarheid en ander stories; En die lekkerste deel van dood wees; The secret of my excess; Die man met die dertien kinders.)'n Effense aanpassing van daardie titel is paslik vir 'n huldeblyk aan die veelsydige en produktiewe Kalmer: 'How to study Afrikaans literature and still respect yourself in the morning'.So bietjie meer as twee jaar gelede het Kalmer met die derdejaarstudente aan die Universiteit van Pretoria kom praat.Sy pryswennerroman, 'n Duisend stories oor Johannesburg, was vir die derdejaarsklas voorgeskryf en gulhartig soos hy was, het hy die uitnoding om met die studente te praat dadelik aanvaar.Hy het egter 'n voorwaarde gehad: hy was bereid om vrae oor sy roman te beantwoord en met my in gesprek te tree daaroor voor die studente, maar hy het eers 10 minute versoek om met die studente te praat oor die moontlikheid van 'n loopbaan in kopieskryf.Hy het passievol gepraat oor die reklamewese en die studente aangemoedig om 'n loopbaan in juis Afrikaanse advertensies te volg.Dit was vir die studente verstommend om te hoor dat iemand hulle aanmoedig om 'n loopbaan in Afrikaans te probeer hê-veral in die omstandighede waarin hulle dikwels onder die indruk gebring word dat daar nie juis loopbaangeleenthede in Afrikaans bestaan nie.Toe ons op pad na die klas oor die kampus stap, wou Harry by my weet of ons Breyten Breytenbach se poësie vir ons studente voorskryf.Dit was vir my 'n vreemde vraag.Dit is immers ondenkbaar dat enige kursus in Afrikaanse letterkunde nie die werk van Breytenbach kan insluit nie!Harry het net so onderlangse laggie gegee en opgemerk dat daar in die drie jaar wat hy Afrikaans op dieselfde kampus bestudeer het, geen Breytenbach-gedigte met hulle behandel is nie.Dit was die soort poësie en Breytenbach die soort Afrikaner wat destyds nie as die ware Afrikaners en die 'regte' Afrikaanse letterkunde beskou is nie, of soos Harry dit self later in 'n lesing gestel het: "toe Pretoria die land van braaivleis rugby sonneskyn en Prys die Heer [was], 'n plek waar dit in die 1970's was asof Woodstock nooit gebeur het nie, Neil Armstrong nie op die maan was nie en H. F. Verwoerd nog gelewe het".Dit was die tyd toe Breyten Breytenbach tronk toe gestuur is-maar sy werk nie aan U P aan die studente voorgehou is nie.Die manier waarop Afrikaans toé beskou en krampagtig beskerm is, het ongelukkig gelei tot 'n situasie waarin talle Afrikaanssprekendes skaam geword het om Afrikaans te wees, laat staan nog om in Afrikaans te skryf, of te werk.Maar Kalmer het deurentyd in Afrikaans bly skryf, en het die studente aangemoedig om in Afrikaans reklame te skryf, omdat hy 'n manier gevind het om ondanks al die vooroordele, al die stiksienigheid en uitsluiting in die naam van Afrikaans, in die taal te werk en sy selfrespek te behou.Harry het in die 1970's en 1980's besef dat daar Afrikaanse skrywers is, soos Breytenbach, wat 'n ruimte in Afrikaans geskep het vir diegene wat nêrens tuis gevoel het nie-wat 'n onrus oor hul isolasie en assosiasie met rassisme, konserwatisme, nasionalisme en christenskap ervaar het.Hierdie skrywers het hom laat voel dat hy sy selfrespek kan behou al skryf hy in hierdie taal, maar nog belangriker, het hy een van die skrywers geword wat die ruimte vir 'n ander beskouing van Afrikaans en 'n Afrikaanse denkwêreld help oopskryf het.Harry was een van die skrywers wat dit vir 'n jonger geslag opwindend gemaak het om Afrikaanse literatuur as 'n tuiste te kon ervaar.Toe ek Kalmer se Die waarheid en ander stories tydens my dienspligjare gelees het, kon ek weet daar is 'n plek Willie Burger is hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria.

Abstract licence: CC BY-SA

Reads

Read by people on this page

None yet.

Checked or read by AI through naulon

None yet.

A person counts once a day per paper. We keep no cookie and no address: a reader is a hash that changes every day. Any month under five reads shows no number.

Are you an author?

Is this your paper?

Claim it to add your note and be paid when agents cite it. Free.